Almal van ons in hierdie wêreld is op die een of ander manier aan mekaar "geweef". Soms besef mens dit eers wanneer jou wêreld uitmekaar val deur die verlies van 'n wederhelf, ma, pa, broer, suster...wie ookal. Wanneer 'n mens bevoorbeeld trou word sy ouers jou ouers ook en andersom...so word ons aanmekaar "geweef"...ons ken mos maar almal die ritueel. Dit is dan na die dood van so 'n maat, wat jy wel agterkom hoe nou jy wel saamgeweef was of nie. Soms besef jy dat dit eintlik daai maat van jou was wat die garing was wat al die lappies aanmekaar gehou het.
Met 'n skok kom jy agter dat jy eintlik maar niks of 'n minimum getel het in sy familie se oë. Lieflike maskers is deur hulle opgesit en jy is maar verdra want:"Sy is my broer se vrou". Daar staan jy dan...al die ou lappetjies lekker goed ge"scatter"...die hele blêrrie vloer vol.
Elke persoon se situasie is uniek, maar die interressantste hiervan is: Watter van daai lappies beteken vir jou genoeg om weer op te tel en weer aan jou vas te weef? Jy buk maar en tel die hele spul op, sit dit in 'n bondel op die bed neer en met moeite begin jy dit maar aanmekaar weef...want maak nie saak wat nie, hulle is mos familie. Jy gaan wys dat jy 'n beter persoon is en daarom steek jy jou trots in jou sak, lig jou kop op....en sit jou eie masker vir die wêreld op.
As een lappie sê: "Wê!"...dan wil jy weet waar kan jy help en wat kan daar gedoen word. Hierdie lappies wys baie gou hulle ware kleure. Soms is dit gou genoeg om dan hierdie einste ou lappietjietjie van jou af te skeur en sommer in die verdompde asblik te gooi. Party klou soos stront aan 'n wolkombers...net met 'n beter reuk as stront. Later as jy goed ruik, kom jy agter dat hier darem nou 'n lappie aan jou laswerk vas is wat erg na stront ruik...soms soos 'n hele strontplaas. Flippit! Jy wil nie eers met 'n ander man se hande daaraan vat nie, maar tog kry jy dan die lang.... lang..... baie lang snoeiskêr uit en knip daai ou lappie flenters.
Soos die tyd aangaan, gaan jy dikwels vind die mense om jou wat die beste lappies is om jou laswerk te voltooi, is vriende en vriendinne met goue harte. Wat jou ken vir wie jy is en jou nooit
wil verander nie. Ek het 4 sulke vriendinne en 4 sulke vriende. In my laswerk, teen my hart, met die fynste goud geweef, is my 2 pragtige kinders en so kortkoppie agter my 2 "brats", is elkeen van hierdie vriendinne en vriende ook met goue garing aan my vasgewerk.
Ek het eerder 'n laslappie kombers van opregtheid, menslikheid, omgee, wedersydse respek, deel in jou seer en geluk, as een van skynheiligheid, twee-gesigheid, jaloesie, afguns en valsheid. Ek moet sê...ek mis my garingdraadjie wat uit my lewe weggeskeur is so amper 3 jaar gelede, wat toe juis veroorsaak het dat my laslappie kombersie uitmekaar gedondor het...maar "al things considered"....my laslappies kombers wat ek nou het, pas my soos 'n handskoen...dit is net sy draadjie van egtheid wat kortkom, maar ek weet, eendag in die hemel sal ons weer op"patch".

3 Comments:
At 4:51 AM,
cathrine the gr8 said…
sjoe my Dolla,
dis woorde wat diep slaan.
baie goed gese... ek dink daar is so baie mense daar buite wat presies voel soos jy en weet wat jy deur is!
sterk wees my vriendin,
love u lots
At 6:36 AM,
cathrine the gr8 said…
Dolla, gaan kyk hoe skryf die ou
Überboer Republiek
At 2:10 AM,
cathrine the gr8 said…
waar is jou volgende stuk???
Post a Comment
<< Home