Op 29 September 2006 is nog 'n deel uit my lewe geruk met die dood van een van my vriende se vrou en een van sy dogterjies. My vraag bly: Hoekom? Hy het 'n uiters stront eerste huwelik gehad en het deur 'n nog meer stronter egskeiding gegaan. 'n Paar maande later ontmoet hy toe hierdie vrou wat 'n ware engel was. 'n Jaar later is hulle getroud.
Deksels! Hoeveel mense kry die kans om weer absolute geluk of beter geluk te vind??? Uit hul huwelik is 3 pragtige dogtertjies gebore. 3 pragtige kinders met die mooiste blou oë. Sy vrou het 'n dogter van haar eie gehad en hy het hierdie kind met liefde een van sy eie gemaak. Sy is wees gelaat. Haar eie pa het die pad gevat toe hy gehoor het haar ma is met haar swanger. My vriend lê op die oomblik in George in die hospitaal en het die verlies van gevoel aan die linkerkant van sy lyf.
My hart is so stukkend vir sy part, want buiten die trauma van die motorongeluk, moet hy nog die verlies van sy vrou en sy een dogtertjie ook hanteer. Ja, ja ek weet...hy is nie die enigste wat met verlies moet deel nie. Almal het hul eie kruise om te dra...maar ek verstaan nie waarom leed gewoonlik die goeie mense moet tref nie. Gemors en uitvaagsels seëvier. Ek benavraag nie God se weë nie, maar sulke dinge laat my stom.

3 Comments:
At 2:24 AM,
cathrine the gr8 said…
so jammer dolla, ken ek hulle?
At 3:16 AM,
Suecarebear said…
This comment has been removed by a blog administrator.
At 1:00 AM,
Donsie said…
Die duiwel is n "etter"! En hy kan nie genoeg die kinders van die Here afbreek nie. Veral omdat hy reeds weet dat hy verloor het.
Dit voel dalk BAIE onregverdig. Maar hou ingedagte dat die Here reeds sy pad uitgele het vir elke kind wat in sy groot boek opgeteken is.
Paulus sê die einde is naby. Dalk wou die Here nie daardie 2 mense hier hê as hy strike.
Ek is jammer om van jou vriend te hoor. Ek hoop hy herstel volkome. Want gebed is sterk.
Eendag sal ons almal verstaan. Nou moet ons net glo en vertrou.
Post a Comment
<< Home